Wednesday 19 March 2014

Ever After Bruid - Adelein

Middag aan al ons lesers...
 
Vandag deel ons met julle die fotos van een van ons beeldskone Ever After Bridal Bruide Adelein. Adelein is op die 9de November 2013 getroud.
 
Adelein het rok Nieves van White One by Pronovias gedra. Adelein was so gaaf om vir ons die volgende mooi email te stuur. Baie dankie Adelein vir die mooi woorde. Jy het so mooi gelyk op jou troudag. Baie geluk met die troue en mag daar nog baie liefde en geluk op jul pad vorentoe lé.
 
Liewe dames van Ever After,

Bitterlik baie dankie vir julle bydrae om my groot dag absoluut sprokiesagtig en amazing te maak!
My rok was presies wat ek wou he en het soos n handskoen gepas! Die verstellings is uiters proffesioneel gedoen en al wou ek heelwat strukturele veranderinge aan die rok maak het julle dit so natuurlik en perfek gedoen.
Ek het deurentyd spesiaal gevoel en Nicola het die gawe om n mens soos die heel belangrikste en mooiste bruid wat julle al ooit gehad het te laat voel en dis uniek!
Ek heg n paar fotos aan vir julle van my rok, weet julle wil seker nie so baie he nie maar ek weet nie watter tipe fotos julle wil he nie so nou kan julle self kies!

 Dankie dat julle my "Ever After" perfek gemaak het!

Adelein xx






















Ever After Bridal